Die amptelike kanaal van die Baptistekerk Krugersdorp, waar ons God-gesentreerd, Jesus-gefokus en Bybelgefundeerd strewe om deur kennis van die waarheid vernuwe te word na die Beeld van ons Skepper ( Kol.3:10 ). Jy is welkom!
Hallo Stephan, dit is lekker om jou naam te sien en te weet jy beleef en deel saam. Ek is saam met jou in verwondering en saam met jou in verootmoediging. Ons kyk saam na buite en sien die onwankelbaarheid van die kruis as ons verlossing. En dan kyk ons saam na binne wetende dat Hy wat die goeie werk in ons begin het dit ook sal voleindig. Waardeer jou.
Dankie vir die studie. Studie met die Paulus v boeke het baie insig verleen oor die verheerlike evangelie. Die Sabbat ens. Hebreeus - ons moet elke dag in Sy rus gaan, tog beskryf die Woord ook dat ons as gemeente bymekaar kom. Hebreeus)
Baie dankie vir gisteraand se gesprek. Ek dink ons moet iets sê oor die proses van redding om te verstaan hoe uitverkiesing prakties werk in ons lewens. As ons uitverkies is sal die Heilige Gees ten eerste wedergeboorte in ons, wat dood is in ons sonde, werk . Om ons geestelike oë en ore en harte lewend te maak sodat ons die evangelie boodskap kan ontvang en dan ook die gawe van geloof. Die Gees werk dus in ons die oortuiging van sonde, geregtigheid en oordeel wat ons lei tot bekering. Dit is dus alles God se soewereine werk in ons. Heiligmaking is die proses wat dan volg en is ons verantwoordelikheid en God sin (Fil 2: 12,13). Help my as ek kortsugtig is. Nogmaals dankie.
Jy het dit mooi reg, dankie Stephan. Die intensie van die HERE hiermee is dan ook niks anders nie as Alle Eer aan Hom alleen.Dankie dat julle elke Woensdag so getrou inskakel.
Goeie dag ek hoop dit gaan goed. Vandag n baie intersante artikel verkry. My dadelik laat besef waarom mense in bloedlyn vloeke of banvloeke glo. Ek self kon identifiseer met daardie inligting want soveel pyn agv n gebroke wereld en oningeligtheid veroorsaak dat mense soeke vind na rede met verkeerde leiding. Dis asof mense eerder baat by dit vind as die woord. Moet my nie verkeerd verstaan. Maar ek glo met weerbaarheid met die kerk, mag baie vd lyding gespaar gewees het. Tog was ons blind. Mag hierdie leiding tog v pad wees vir die kerk, sodat die inligting geidentifiseer word, sodoende keer die ingeligte kerk dat dit eskaleer na volgende geslag. Groetnis in Jesus.
Dankie vir jou sinvolle reaksie Veronica. Jy is inderdaad reg in wat jy se. Die gebrek aan diepte uit die geledere van die kerk om 'n Skrifgetroue verklaring en oplossing te bied vir die gebrokenheid wat mense daagliks konfronteer maak die alternatiewe baie aanloklik. Baie dankie vir jou deel wees op die kanaal. Groete, Willem.
Dankie Willem, dit was n verrykende les. Jy is reg, mens wens jy kan dit elke oomblik onthou en leef. Mede erfgename saam met Christus, eintlik ondenkbaar.
Geen verskoning nodig, die boodskap onbeskryflik diep. Dankie Here vir die kragtige boodskap, die Woord vd Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing vd Here is betroubaar. 1 Joh 2:27 Die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle.
Weereens 'n seën ontvang en nuwe perspektief oor hoe die ou testament herhaal in die nuwe. Dankie vir oorwinning behaal Here. Ons buig in aanbidding neer. 🙏
Die Woord is Lig, God is lig. U bediening vanuit die woord is soos heuning, soet in die mond bitter in die maag. Dankie Abba Vader, u dienskneg luister.
@@BaptistekerkKrugersdorp O dankie. Net ietsie van myself. Ek is oorspronklik van die Louis Trichardt Afrikaanse Baptiste kerk. Toe Ds Johan Oedendaal nog daar was. Ek het in 2013 verhuis na Hopefield.
Hier gekom het die dorpie net 'n NG Kerk gehad. Hier was geen Baptiste gemeente nie. Malmesbury was bietjie ver om elke Sondag soontoe te ry. Toe vind ek die Vredenburg Baptist Church. Elke Sondag die 30km soontoe en weer terug Hopefield toe. Toe gebeur Covid, en die brandstof prys styg. Wel soos baie het ek maar google probeer en tussen jou en Ivor op Kempton Park het ek my tydjie met die Here gedeel. Ek woon 'n Bybelstudie by in St Helenabaai, wat 50km van my is. Dit word gelei deur Moyra, ek verstaan julle ken mekaar. So my Sondag het ek nou na Woensdag geskuif. In die oggende saam met ander gelowiges en Sondae saam met jou en Ivor se gemeente. O ja en ek is Antoinette Pieters.
@@fietsryer1 Dankie dat jy ietsie van jou verhaal met my deel. Ek weet dat Hy wat die goeie werk in jou begin het sal dit ook voleindig, tot lof van Sy heerlikheid. En as ons en hierdie kanaal 'n instrument in die hande van die HERE kan wees is ek bly!Jy is altyd welkom.
Naand Willem, liewer laat as nooit. Weereens baie waardevolle boodskap, dankie. Dit het by my opgekom dat n mens die egtheid van jou geloof kan toets aan die ampte van Christus. Deur geloof is ons gered. Watse geloof? Die geloof dat Jesus Christus my Profeet is, dat Hy my Priester is , dat hy my Koning/Here is. Die detail daarvan soos jy verduidelik het. Dankie.
Wat ñ ongelooflike WAAR(hede) boodskap. Het my werklik vasgevang van begin tot einde. Wat eie begeertes versus ywer vir Jesus aanbetref wil ek tog Rom 1:18-32 bylees.