Ek het dit nou geniet. Wens ek kon jou ontmoet - jou pa (glo ek) was akademiese visie-hoof by ons toe ek 'n tekkie in Potsch was. Hy was redelik geliefd by ons.
Hallo Pieter, Jy is heeltemaal reg omtrent my pa. Ek onthou die kinders het hom "OU Baard" genoem. Ek merk dat jy my paar videos geniet. Baie dankie vir jou mooi opmerkings. Waar woon jy? Kontak my liewer op jvr@midrand-estates.co.za. Johan van Rensburg.
Toe ek klein was het ons jaarliks van Alberton af tot in Kleinbrak gery vir die Desember vakansie. Hierdie was een van my gunsteling liedjies wat ons op 'n Johan van Rensburg tape gehad het! Ek verlang sommer terug na daardie lekker lang ry saam met die gesin! Só lekker om weer hierdie liedjie te hoor! Oom Johan - jy's my hero!!
Joh, stunning, en wonderlik om so baie liefde tussen twee mense te sien. Ek vertrou dat die Here julle nog lank vir mekaar sal spaar, en gesondheid en krag word julle toegebid.
Sal oom nie Jim Muller keurspel 3 ook doen asb. My ma was mal daaroor. Sy is 7 Juni 2018 oorlede. Dit is pragtig die stuk. Ek glo oom sal hom baie mooi kan doen ook.