Middag Ds Heinrich, baie dankie vir die ekstra myl wat jy stap om in jou besige skedule nog tyd te maak vir die voorbereiding van ons Koffiekuiers. Jy is voorwaar ñ geestelike mentor vir my, net soos my ouers was. Julle (my ouers en jy) glo nie daarin om God se werk af te skeep nie!!! Ekt nie plek bespreek by Overkruin vir Sondag nie. Ek kry more my laaste bestraling en my lyf is maar bietjie seer gebrand al. Als van die beste met die trekkery. Ek glo en vertrou dat dit ñ sukses sal wees en als goed afloop. Seënwense vir jou en jou gesin
Dankie vir jou boodskap, Barbara! En sterkte met die laaste bestraling! Ek bid vir jou en en vir die pad wat ook daarna voorlê. Jy's natuurlik welkom om eerskomende Sondag via ons RU-vid-kanaal in te skakel by die afskeidspreek om 10:00. Dit sal lewendig uitgesaai word, maar ook na die tyd steeds beskikbaar wees. Groetnis en vrede!
@@nggemeenteoverkruin2051 Baie dankie Ds Heinrich. Ek waardeer dit baie. Jip, ekt besluit dat ek dit moet kyk op RU-vid. As dit dan nie 10h00 is nie dan daarna. Mooi aand