Ek luister uit Perth, Australie. Dit is n voorreg om na die Woord van God in Afrikaans te luister. Dankie Johan, baie mense word bereik deur hierdie uitsending
Baie dankie, Johan! Die boodskap wat jy gebring het, was net op die regte tyd by my. In die Kaap en in my bed , het ek na jou geluister. Kroniese pyn en meer het my lewe geword. Dankie dat jy my weer herinner het Wie eintlik Baas is en dat Hy altyd by my is. Mag jy geseënd wees. Groete.
Johan wat n voorreg om gereeld na jou boodskappe te kan luister ek geniet dit so baie en luister dit sommer weer en weer baie dankie ek woon in Boshof in die Vrystaat maar is so ontsettend bevoorreg dat jy en Stefan saam met my vir my kinders kon kom kuier in Australie.
Dankie Johan vir hierdie bemoedigende boodskap. Dankie dat jy gevra het waar dit in die wêreld gehoor word. Dit is wonderlik hoe die digitale platvorm die wêreld oopmaak vir die Goeie Nuus. Ek luister in Wellington SA.