My pa hulle was 9 kinders. My ma hulle 5 kinders. Ek is enkellopend en kinderloos en my suster het twee kinders en getroud. Sy woon alhoewel tans in Canada. So haar kinders gaan daar grootword.
Sommer so uit my buik uit sou ek meen, geen wonder nie, hulle kry al die kinders wat ons kon gekry het want alles word in hulle ingeprop. Van ons gevat en herverdeel. Ons verarm in die proses. In my geval ek wou eers 'n kwalifikasie kry en gevestig raak in my beroep. Die eerste een was 'n gesukkel weens geen geld nie (sou in Duitsland nie 'n probleem gewees het nie, studies is verniet) en die laaste een kon nooit realiseer nie want 1986 begin die sanksies en gepaardgaande inflasie en ons verarm, werkgewers verskraal links en regs, personeelagente bars soos seepborrels. Dis as jy werk verloor het, soos ek, in my produktiewe jare vir kinders kry - jy sit net met oorlewingskwessies (waar kry jy jou volgende brood vandaan). Kom 1994 en Regstellende Aksie skop in. Nie net dit nie, die werkgewers was ook nie buigbaar nie. Kry jy te vroeg 'n titel in jou beroep, dan wil niemand jou weer aanstel nie. Is ook so oorsee. Jy moet weer die beroepsleer van onder af begin. En P.W. het Suid-Afrika by die IMF (wêreldbank) in die derde wêreld in geleen (Louis Bothma, Kommentaar sonder Grense) om Soweto en die swartes op te hef in die hoop die buiteland gee toe. Met ander woorde die middelklas het stadigaan verdwyn. Party bedrywe het nog goed gedoen maar dit moet nie 'n mens laat fop nie. Jy kan nie kinders kry as die onsekerheid so groot is jy kan hulle môre nie meer kos en 'n toekoms gee nie.
En wie is die oorsaak dat die "dom" mense so baie raak? Die slim mense wat soveel in hulle inprop? Die wêreld het van 'n lae demografie ontwikkel. Toe die grense deur moderne kommunikasiemiddele oopgebreek was, toe begin die bevolkings te ontplof weens kennisoordrag - ontwikkeling, kos, medisyne, wapenkunde vir spiesgooiers (Spengler!) ensovoorts.
Ek onthou die 1992 JA/NEE referendum. By my werk vertel 'n kontrakteur (vrou, Bsc rekenaarswetenskap) vir ons: as die uitslag Nee is, kry sy dadelik.'n kind As dit JA is, vat sy die Pil.